Elemente van ontwerp
(Bestanddele vir ontwerp)
Lyn
Gedefinieer as die resultaat van die aksie wat deur n instrument soos byvoorbeeld n pen,potlood,vetkryt of stokkie gemaak word
Positiewe en negatiewe vorms:
Positiewe vorms is die werklike vorm van die objek terwyl die negatiewe vorm verwys na die ruimte of agtergrond wat die werklike vorm omring.
Die tekstuur van n oppervlak dui aan of dit rof,grof,glad,syagtig,wollerig,glansend of grof is.
Kleur
Primere kleure kan nie gemaak word deur ander kleure te meng nie .n Mens kan se hulle is oorspronklike kleure,as jy dit so wil verkies
Rooi ,Blou en Geel is die primere kleure.
Die drie sekondere kleure
Elkeen van hierdie kleure word verkry deur twee primere kleure te meng.
Rooi+geel=Oranje
Blou+Geel=Groen
Rooi+Blou=Pers
Skakeringswaarde
Dit is die verskillende skakeringswaardes of kontraste tussen lig en donker of helder en vaal.Hoe groter die verskil,hoe groter is die fokus-dit is een van die effektiefste maniere om die oog op n sekere punt te laat fokus.Sterk skakeringswaardes beklemtoon die fokuspunt en verminder verwarring by die kyker.